‘n 39-jarige raadslid is saam met drie medepligtiges aangekeer vir die beweerde ontvoering en aanranding van sy huiswerker. Volgens die polisie het William Phetla die 29-jarige swanger vrou beskuldig dat sy ‘n skootrekenaar gesteel het. Hulle het haar glo sedert Saterdag aangehou tot sy Dinsdagoggend deur gemeenskapslede gered is. Die…
We Care 4 Nelspruit beplan volgende week ‘n baie groot skoonmaakaksie. Vanaf Maandag tot Vrydag beoog hulle om die R40 vanaf Rocky Drift tot by die hoofingang na Barberton skoon te maak. Sameroeper, TJ Maré, sê hulle gaan onder meer bosse weg sny, gras sny en rommel op tel. Dit…
Die sogenaamde “grensoorlog” oor vragmotors by Lebombo het vrugte afgewerp, met die verkeer wat nou beter beheer word. Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê hulle werk reeds geruime tyd saam met alle vlakke van die regering om die probleem op te los. Sedert…
‘n Vyfjarige dogtertjie is gister vermoor - na vermoede deur haar 27-jarige nefie - in Bosbokrand. Volgens die polisie is hulle saam winkel toe en toe hy alleen tuis kom het haar familie na die kind begin soek. Haar liggaam is in bosse gevind. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala,…
Die DA in Mkhondo-munisipaliteit eis antwoorde van die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Thembi Khumalo, oor ‘n toelaag van 8-miljoen-Rand wat bedoel is om slagoffers van vloede by te staan, maar onspandeer bly. Dit na ‘n provinsiale ramp verklaar is toe huise beskadig is weens swaar reën verlede jaar. DA-raadslid Alex Dlamini…
Die DA in Thaba Chweu het die departement van samewerkende regering gevra om in te gryp by die onwettige staking van munisipale werkers wat reeds vir vier weke dienslewering lamlê. DA-raadslid Spiridon Couvaras lê dit voor die deur van die burgemeester, Friddah Nkadimeng wat versuim om senior posisies te vul…
Die voorkoms van afwisselende temperature kan voortduur tot einde Augustus. Dit is volgens 'n weervoorspeller, Wayne Venter, by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Hy sê die huidige koue behoort môre op te klaar, maar 'n sterk kouefront bereik volgende week weer die Kaap. Normale temperature en dae wat dit koud gaan…
Die tweede groep Working on Fire-brandbestryders het gister vanaf Alberta, Kanada, teruggekeer na die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Hulle het vir ongeveer 'n maand die ergste brande op rekord in Kanada help bestry. Die derde groep, "Mzanizi 3", het gister vertrek op hul ontplooiing. Piet van der Merwe, die nasionale…
Die DA in Emakhazeni vra dat die Openbare Beskermer ondersoek instel na die opgradering van die waterwerke in Machadodorp wat na glo nog nie afgehandel is nie. Volgens DA-raadslid Didi Hepburn het dit reeds 35-komma-37-miljoen-Rand gekos en sal ‘n nuwe kontrakteur glo eersaags aangestel word. Tog is geen aksie teen…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat baie koue weerstoestande verwag word wat Donderdag na die Hoëveld en platorand van Mpumalanga sal versprei. Dit sal tot Vrydag voortduur.
Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar 67 minute vir Internasionale Mandeladag in Matibidi in Thaba Chweu-munisipaliteit spandeer. Sy sê hulle het reeds die jeugsentrum, wat opleidingsprogramme aanbied, opgradeer. Hulle het vandag addisionele boeke aan die sentrum geskenk. Die premier sê hulle het ook ‘n opwindende inisiatief vir sake-ondernemings…
‘n 30-jarige vrou verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op twee aanklagte van moord sowel as brandstigting. Dit is na twee mense vroeg Sondagoggend in ‘n hut in Vosman doodgebrand het. Volgens die polisie is die motief vir die moord op die 27-jarige man en 40-jarige vrou tans onbekend. Mpumalanga polisiewoordvoerder,…
Vier mense wat verlede maand op parool vrygelaat is, is in Standerton aangekeer vir die besit van gesteelde goedere. Volgens die polisie was hulle in besit van items wat na vermoede Saterdagaand tydens ‘n winkelroof gesteel is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle sal môre op aanklagte van…
Die Mpumalanga Departement van Onderwys het onderwysers en leerlinge terug verwelkom wanneer die skole môre na die wintervakansie heropen. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê dit is ‘n belangrike kwartaal aangesien dit die laaste is voor matrikulante in die vierde kwartaal eindeksamen skryf. Hy vra dat alle rolspelers…
Twee mense is gisteraand in Dwarsloop, Bosbokrand, doodgeskiet by 'n drinkplek. Volgens die polisie het 'n 40-jarige man saam met vriende gekuier toe daar op hom losgebrand is. Hy is verskeie kere geskiet. 'n 35-jarige is ook noodlottig getref. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is 'n toevallige verbyganger se Toyota…
Die polisie het vanoggend bevestig dat ‘n derde verdagte gisteraand in Emalahleni in Mpumalanga in hegtenis geneem is vir die beweerde afbranding van vragmotors in die provinsie. Die ander twee verdagtes is gister in die provinsie in hegtenis geneem.
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa durf vandag die roete tussen Piet Retief na Badplaas met sy trekker aan. Hy besig is om 2 500 km deur vyf provinsies af te lê met die trekker om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies…
Die Krugerwildtuin sê die aantal toeriste wat die Krugerwildtuin besoek neem nie af nie. Die Minister van Toerisme, Patricia de Lille, is vandag aangehaal dat toeriste wat die park besoek sedert 2019 met 21 persent gedaal het. Ike Phaahla, woordvoerder van die NKW, sê egter hul data toon dat besoekersgetalle…
Drie mense is dood en talle beseer in verskeie ongelukke wat vanoggend op die N12 in Mpumalanga plaasgevind het. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid is dit grootliks te wyte an baie mistige toestande op die pad tussen Emalahleni en Ogies. Verskeie voertuie was betrokke, insluitende ligte aflewerings- en geartikuleerde voertuie…
13 Jul 2023 4AM
1 min
580 – 600
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.