
Sporadiese koue tot Augustus verwag
Loading player...
Die voorkoms van afwisselende temperature kan voortduur tot einde Augustus. Dit is volgens 'n weervoorspeller, Wayne Venter, by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Hy sê die huidige koue behoort môre op te klaar, maar 'n sterk kouefront bereik volgende week weer die Kaap. Normale temperature en dae wat dit koud gaan wees sal vir ten minste 'n maand voortduur.