
Ongelukke op N12 eis drie lewens
Loading player...
Drie mense is dood en talle beseer in verskeie ongelukke wat vanoggend op die N12 in Mpumalanga plaasgevind het. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid is dit grootliks te wyte an baie mistige toestande op die pad tussen Emalahleni en Ogies. Verskeie voertuie was betrokke, insluitende ligte aflewerings- en geartikuleerde voertuie. Volgens die woordvoerder, Moeti Mmusi, is drie insittendes van ligte voertuie oorlede. Die pad bly gesluit.