
Skok na vyfjarige deur haar nefie vermoor is
Loading player...
‘n Vyfjarige dogtertjie is gister vermoor - na vermoede deur haar 27-jarige nefie - in Bosbokrand. Volgens die polisie is hulle saam winkel toe en toe hy alleen tuis kom het haar familie na die kind begin soek. Haar liggaam is in bosse gevind. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, is sy keelaf gesny en verskeie kere in die bolyf gesteek. Die verdagte is aangekeer en sal binnekort in die hof in Bosbokrand verskyn.