
Onwettige staking lê dienste in Thaba Chweu lam
Loading player...
Die DA in Thaba Chweu het die departement van samewerkende regering gevra om in te gryp by die onwettige staking van munisipale werkers wat reeds vir vier weke dienslewering lamlê. DA-raadslid Spiridon Couvaras lê dit voor die deur van die burgemeester, Friddah Nkadimeng wat versuim om senior posisies te vul. Samwu-lede weier om te werk tot ‘n nuwe stadsbestuurder aangestel is om Nora Maseko te vervang. Sy is in ‘n waarnemende hoedanigheid ontplooi, ondanks haar skorsing by Sekhukhune-distrik weens bewerings van ongeruimdhede met kontrakte en verkryging. Couvaras sê bekwame, onafhanklike administrateurs moet aangestel word om dienslewering te herstel.