
Tweede groep Working on Fire-brandbestryders keer terug uit Kanada
Loading player...
Die tweede groep Working on Fire-brandbestryders het gister vanaf Alberta, Kanada, teruggekeer na die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Hulle het vir ongeveer 'n maand die ergste brande op rekord in Kanada help bestry. Die derde groep, "Mzanizi 3", het gister vertrek op hul ontplooiing. Piet van der Merwe, die nasionale operasionele bestuurder van Working on Fire, sê die brande bied spesifieke uitdagings.