
Skole heropen op Mandela-dag môre
Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys het onderwysers en leerlinge terug verwelkom wanneer die skole môre na die wintervakansie heropen. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê dit is ‘n belangrike kwartaal aangesien dit die laaste is voor matrikulante in die vierde kwartaal eindeksamen skryf. Hy vra dat alle rolspelers bydra om ‘n leergerigte omgewing te skep vir die leerders se voorbereiding.