100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,710 Episodes
1 – 20

Omgekoopte amptenaar gearresteer weens korrupsie met ID

’n Amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake is gister by haar werkplek in die teenwoordigheid van haar baas en kollegas in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke is Violet Mabena in Oktober 2021 20-duisend-Rand betaal om 'n vrou te help om 'n identiteitsdokument vir haar stiefseun…
20 Nov 7AM 1 min

Twee kry lewenslank vir moord op taxi-baas

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga het die lewenslange vonnisse verwelkom wat die Hooggeregshof in Middelburg aan twee mans vir moord met voorbedagte rade opgelê het. Andile Ndlangamandla en Thembinkosi Chonco is skuldig bevind aan die moord op die voorsitter van die Middelburg Taxi-vereniging, Masinya Mthimunye, in September 2018. Hulle het…
20 Nov 7AM 1 min

Vrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskiet

Die polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal. Sy het na vermoede om ongeveer half 6 die gimnasium verlaat toe sy verskeie…
20 Nov 6AM 1 min

Mpumalanga premier mik vir skoon oudit

Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, sê sy Kantoor is vasbeslote om ‘n skoon oudit te behaal. Hy het vanoggend voor die Gekose Komitee oor Openbare Rekeninge in die wetgewer verskyn. Hy was vergesel deur die waarnemende direkteur-generaal, Peter Nyoni, en ander senior bestuurders om antwoorde te verskaf met betrekking tot…
19 Nov 6AM 1 min

Borg vir vier polisiebeamptes wat glo R1,8m probeer steel

Vier polisiebeamptes wat van diefstal en regsverydeling aangekla word, is vanoggend in die Barberton-landdroshof borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan. Die drie mans en ‘n vrou het na bewering 1-miljoen-800-duisend-Rand van ‘n onwettige myn-ringkop gekonfiskeer, maar dit nie verklaar of ‘n saak geopen nie. Hulle het Vrydag die eerste keer in…
19 Nov 5AM 1 min

Dipaleseng R160m beboet weens waterbesoedeling

Dipaleseng-munisipaliteit is 160-miljoen-Rand beboet vir die oortreding van die nasionale omgewingswet, besoedeling van waterbronne, versuim om aan die voorskrifte te voldoen en die onwettige wegdoening van water. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het verskeie klagtes van die gemeenskap oor waterbesoedeling tot die dood van hul vee…
18 Nov 6AM 1 min

Vier polisiebeamptes wat glo miljoen-Rand steel gearresteer

Vier polisiebeamptes verskyn na verwagting vandag in die Nelspruit-landdroshof vir diefstal en regsverydeling. Die drie mans en ‘n vrou is gister in Barberton gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle ‘n betaalmeester van onwettige mywerkers se huis deursoek en op 1-miljoen-800-duisend-Rand in kontant…
15 Nov 3AM 1 min

Vroulike polisiekonstabel gewond in skietery in Embalenhle

‘n 32-jarige vroulike polisiekonstabel word in die hospitaal behandel na sy Woensdagaand geskiet is. ‘n 35-jarige man is ook geskiet, en het gister weens sy wonde beswyk. Die voorval het in Embalenhle plaasgevind. Skote is gehoor, die polisie is ontbied en die slagoffers is met ernstige skietwonde langs ‘n voertuig…
15 Nov 3AM 1 min

Man gevonnis vir moord op vriendin

Die 24-jarige Sibusiso Happy Ngobeni van Matsulu is deur die hooggeregshof in Mpumalanga skuldig bevind en tot 25 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie, Yvonne Thandiwe Shabangu. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het hulle saam gewoon toe hy haar van…
14 Nov 8AM 1 min

LUR besoek beskadigde Piet Retief-hospitaal

Die LUR vir Gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vandag by Piet Retief-hospitaal besoek afgelê. Dit na ‘n hewige storm Sondag groot skade in die gebied aangerig het aan geboue en infrastruktuur wat groot areas sonder elektrisiteit en water gelaat het. Manzini het bevestig die dak, plafon en heining van…
14 Nov 7AM 1 min

Mkhuhlu-hoftolk vyf jaar tronk toe weens bedrog

‘n Voormalige hoftolk is tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis weens bedrog. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag was die 43-jarige Buzizwe Zizwe Zitha by die Mkhuhlu-landdroshof werksaam. Hy is in April 2021 gearresteer na hy omkoopgeld gevra het van ‘n man wat van huishoudelike geweld aangekla is. Hy is in totaal…
14 Nov 3AM 1 min

Tiener gearresteer wat glo gemeenskaps-polisiërings-lede in Masoyi aanval

‘n 17-jarige is gearresteer omdat hy na bewering Maandagaand ‘n lid van die gemeenskaps-polisiëringsforum in Masoyi doodgesteek het. Die 35-jarige Difference Fankomo was ‘n patrolleerder vir die GPF. Nog twee lede is in die aanval gewond en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie is daar op die vermeende…
13 Nov 3AM 1 min

Fedsas sê gesondheidsdepartemente en munisipaliteite moet voedselveiligheid monitor

Fedsas sê die instruksies wat deur provinsiale onderwysdepartemente gegee is om die verkoop en verskaffing van voedsel by skole in Limpopo, Gauteng en die Vrystaat op te skort, is ongeldig. Dit is in reaksie op die onlangse voorvalle van voedselvergiftiging weens kos wat hoofsaaklik by spaza-winkels en stalletjies buite skole…
12 Nov 6AM 1 min

Mpumalanga LUR inspekteer skole na storm skade aanrig in Piet Retief

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het gister skole besoek in Piet Retief, waar groot skade aangerig is tydens ‘n hewige storm Sondag wat die hele dorp sonder elektrisiteit gelaat het. Piet Retief Gekombineerde Skool het die ergste skade gely, met Ndlela Sekondêre Skool en Hoërskool Piet Retief…
12 Nov 3AM 1 min

Twee wat glo geld kan verdubbel bly in aanhouding in Nelspruit

Twee mans het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer bedrog. Bosco Owino en Robert Ssebataazi, burgers van Uganda, is Vrydag aangekeer. Volgens die Valke het hulle hul verhuurder oorreed om sy erfgeld vir hulle te gee, wat hulle dan sou verdubbel. Hulle het glo ook veral…
12 Nov 3AM 1 min

Groot skade in Piet Retief weens erge storm

Munisipale kantore, skole en sakeondernemings in Piet Retief is erg beskadig tydens ‘n donderstorm die naweek. Bome is ontwortel en huise se dakke is afgewaai. Die DA-lid, Irene Brussow, sê hulle simpatiseer met almal wat benadeel is, en bedank almal wat hulp verleen het. Sy doen ‘n beroep op die…
11 Nov 8AM 1 min

Borg geweier vir Sabie-pastoor wat van verkragting aangekla word

Die landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na…
8 Nov 3AM 1 min

100 dae van veiligheid in Mpu

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het vanoggend saam met die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, by die Witrivier-polisiestasie terugvoering gegee oor hul eerste 100 dae in hul nuwe poste. Hulle het suksesse uitgelig sowel as planne vorentoe om misdaad te bekamp. Macie sê hulle is nou…
7 Nov 8AM 1 min

Slaggate kos Openbare Werke in Mpumalanga

Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer staar eise van meer as 3-punt-1-miljoen-Rand in die gesig weens voertuie wat in die eerste kwartaal van dié finansiële jaar deur slaggate beskadig is. ‘n Totaal van 58 eise is vanaf April tot Junie ingedien. 19 is tot dusver uitbetaal. Teboho…
6 Nov 6AM 1 min

Mpumalanga polisie vra hulp om ontdekte liggaame uit te ken

Die polisie in Mpumalanga het enigiemand met inligting gevra om na vore te kom na die ontdekking van drie ongeïdentifiseerde liggame die afgelope week. Twee ontbinde liggame is gisteroggend langs die R37 tussen Nelspruit en Lydenburg ontdek. Sondag is 'n ontbindende liggaam in bosse naby 'n skool in Nokaneng gevind…
1 Nov 5AM 1 min
1 – 20