
Vrou verskyn vir brandstigting na twee mense doodbrand
Loading player...
‘n 30-jarige vrou verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op twee aanklagte van moord sowel as brandstigting. Dit is na twee mense vroeg Sondagoggend in ‘n hut in Vosman doodgebrand het. Volgens die polisie is die motief vir die moord op die 27-jarige man en 40-jarige vrou tans onbekend. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle sluit op hierdie stadium van die ondersoek nie huishoudelike geweld uit nie.