
DA soek antwoorde oor R8m wat bedoel is vir vloedskade in Mkhondo
Loading player...
Die DA in Mkhondo-munisipaliteit eis antwoorde van die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Thembi Khumalo, oor ‘n toelaag van 8-miljoen-Rand wat bedoel is om slagoffers van vloede by te staan, maar onspandeer bly. Dit na ‘n provinsiale ramp verklaar is toe huise beskadig is weens swaar reën verlede jaar. DA-raadslid Alex Dlamini voer aan die munisipaliteit het die fondse meer as ‘n maand gelede ontvang, en spandeer dit steeds nie om skade te herstel nie.