DA soek ondersoek na Machadodorp-waterwerke
Loading player...
Die DA in Emakhazeni vra dat die Openbare Beskermer ondersoek instel na die opgradering van die waterwerke in Machadodorp wat na glo nog nie afgehandel is nie.
Volgens DA-raadslid Didi Hepburn het dit reeds 35-komma-37-miljoen-Rand gekos en sal ‘n nuwe kontrakteur glo eersaags aangestel word. Tog is geen aksie teen die vorige kontrakteur geneem vir sy versuim om die werk te lewer nie, sê Hepburn.
Sy voer aan inwoners word steeds toegang tot skoon drinkwater ontneem.