
Vier vas wat uit is op parool en glo weer steel
Loading player...
Vier mense wat verlede maand op parool vrygelaat is, is in Standerton aangekeer vir die besit van gesteelde goedere. Volgens die polisie was hulle in besit van items wat na vermoede Saterdagaand tydens ‘n winkelroof gesteel is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle sal môre op aanklagte van huisbraak, diefstal en die besit van gesteelde goedere in die hof verskyn.