
Raadslid vas wat glo huiswerker ontvoer en aanrand
Loading player...
‘n 39-jarige raadslid is saam met drie medepligtiges aangekeer vir die beweerde ontvoering en aanranding van sy huiswerker. Volgens die polisie het William Phetla die 29-jarige swanger vrou beskuldig dat sy ‘n skootrekenaar gesteel het. Hulle het haar glo sedert Saterdag aangehou tot sy Dinsdagoggend deur gemeenskapslede gered is. Die vier is dieselfde dag in Mhluzi aangekeer en het in die Middelburg-hof verskyn.