
Mpumalanga-premier vier Mandela-dag in Matibidi
Loading player...
Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar 67 minute vir Internasionale Mandeladag in Matibidi in Thaba Chweu-munisipaliteit spandeer. Sy sê hulle het reeds die jeugsentrum, wat opleidingsprogramme aanbied, opgradeer. Hulle het vandag addisionele boeke aan die sentrum geskenk. Die premier sê hulle het ook ‘n opwindende inisiatief vir sake-ondernemings wat deur die jeug bestuur word, saam met Standard Bank van stapel gestuur.