
We Care 4 Nelspruit beplan 'n groot skoonmaakaksie op die R40 volgende week
Loading player...
We Care 4 Nelspruit beplan volgende week ‘n baie groot skoonmaakaksie. Vanaf Maandag tot Vrydag beoog hulle om die R40 vanaf Rocky Drift tot by die hoofingang na Barberton skoon te maak. Sameroeper, TJ Maré, sê hulle gaan onder meer bosse weg sny, gras sny en rommel op tel. Dit is in samewerking met die sakekamer, Nelspruit stadsverbeteringsdistrik, Power of 8 000 en C-S-G Groep. Almal is genooi om mee te doen en die voor-somer-inisiatief te ondersteun. Kontak 082-772-6396.