100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,797 Episodes
460 – 480

Toepassing wil wild in Kruger help beskerm

Diere word soms op die Krugerwildtuin se paaie raakgery, selfs al hou bestuurders by die spoedbeperking van 50 km/h. Die Endangered Wildlife Trust het egter ‘n toepassing geskep waarmee besoekers data kan help insamel om die probleem te help bekamp. Roland Mastnek van die SANParke Ereveldwagters sê “Brake for Wildlife”…
25 Oct 2023 7AM 1 min

Reef 10's die naweek in Witrivier

Dit is die naweek die gewilde Reef 10's sportbyeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira. “Tens” sport behels 10-aan-’n kant-wedstryde en sluit rugby, hokkie, netbal en krieket in. Vanjaar is hardloop ook deel van Reef 10’s. Pieter Rademeyer sê deelnemers het ook amper verdubbel teenoor 2022. Hy skryf dit toe aan die…
25 Oct 2023 6AM 1 min

Mbombela-munisipaliteit aanvaar mosie oor geraassteuring

Mbombela het ‘n mosie aanvaar wat deur die DA ter tafel gelê is waarvolgens die munisipaliteit ordonansies oor geraasbesoedeling in Wyk 16 van die stad sal afdwing. Volgens DA-raadslid Kyle Oliver volg dit op twee jaar van samesprekings oor ongemagtigde studentebehuising in die area. Hy sê van die behuisingseenhede is…
25 Oct 2023 6AM 1 min

Sleutels na nuwe spogskool aan skoolgemeenskap oorhandig

Die Mpumalanga Departement van Onderwys, die Kantoor van die Premier en die provinsiale Departement van Openbare Werke het vanoggend die sleutels van die nuut opgeknapte Jameyana Primêre Skool in Cottandale, Acornhoek, aan die skoolgemeenskap oorhandig. Dit is die resultaat van werk om twee bestaande skole in ‘n eenheid saam te…
24 Oct 2023 6AM 1 min

Twee gearresteer vir moord op onderwyseres

Twee mans het gister in die Kwamhlanga-hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, ontvoering en huisroof na hulle glo ‘n reeks huisrowe uitgevoer het. ‘n Onderwyseres is verlede Maandagaand in Phola Park vermoor en twee ander mense is beroof. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het…
24 Oct 2023 5AM 1 min

Lily Myn tragedie: Families kondig môre volgende stappe aan

Verteenwoordigers van ActionSA sowel as die familielede van die mynwerkers wie se liggame sedert die ineenstorting by Lily Myn in 2016 ondergronds vasgekeer is, sal môre die myn in Low’s Creek besoek om hul volgende beplande stappe aan te kondig. Dit volg na die Konstitusionele Hof verlede week finaal beslis…
23 Oct 2023 7AM 1 min

Sleutels van nuwe Jameyana Primary môre oorhandig

Die Mpumalanga Departement van Onderwys, die Kantoor van die Premier en die provinsiale Departement van Openbare Werke oorhandig môre die sleutels van die nuut opgeknapte Jameyana Primary in Cottandale, Acornhoek, aan die skoolgemeenskap. ‘n Woordvoerder van die onderwysdepartement, Gerald Sambo, verduidelik dit is ‘n resultaat van werk om twee bestaande…
23 Oct 2023 6AM 1 min

Vermeende sakerower aangekeer tydens Operasie Shanela

‘n Vermeende sakerower is Donderdagmiddag in Mmametlhake aangekeer. Hy was na bewering deel van ‘n groep gewapende aanvallers wat ‘n winkeleienaar beroof en aangerand het. Hulle het op die vlug geslaan. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhlui, was polisiebeamptes daar naby besig met “Operasie Shanela” en het die…
23 Oct 2023 12AM 1 min

Soektog na moordverdagte wat borgvoorwaardes in Middelburg verbreek

Die polisie in Middelburg het 'n mannejag geloods na 'n sekerheidswag wat van moord aangekla word. Volgens die polisie in Mpumalanga het Nqubeko Mchunu reeds verskeie kere in die hof verskyn vir die moord in Augustus verlede jaar op Tsepo Maseko. 'n Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê Maseko is tydens…
20 Oct 2023 6AM 1 min

Polisie waarsku teen bedrogspul met aansoeke

Die polisie in Mpumalanga waarsku die publiek teen 'n verneukspul waartydens mense gevra word om te betaal om by die polisie aan te sluit. Die polisie bestuur sê die werwing van nuwe beamptes volg 'n oop en regverdige proses en verg geen betalings nie. 'n Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, vra dat…
19 Oct 2023 11AM 1 min

Matrikulante onderteken môre beloftes van goeie gedrag voor eindeksamen

Die graad 12's wat op 30 Oktober begin met die eindeksamen onderteken môreoggend beloftes van goeie gedrag. 'n Woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Onderwys, Gerald Sambo, sê die LUR, Bonakele Majuba, sal verrigtinge by Frank Maginyana Sekondêre Skool in Bosbokrand monitor.
19 Oct 2023 5AM 1 min

Mannejag geloods na gewapende verdagtes onderwyseres in Mpumalanga vermoor

Die polisie soek drie gewapende verdagtes wat Maandagaand in Phola Park, Kwamhlanga, drie mense beroof het. 'n 58-jarige onderwyseres, Rose Mahlangu, is vermoor na sy afgekom het op verdagtes wat besig was om haar huis te plunder. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle haar in haar…
19 Oct 2023 4AM 1 min

Onderwysdepartement ontken kostekorte by spesiale skool

Die Mpumalanga Onderwysdepartement ontken ten sterkste beweringe deur die DA dat leerlinge aan Platorand Spesiale Skool in Belfast huis toe gestuur moes word nadat hul kosvoorraad opgeraak het. 'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die party het die ongegronde beweringe gemaak om politieke punte aan te teken, en…
18 Oct 2023 9AM 1 min

25 jaar vir man wat sy vriendin vermoor

‘n 42-jarige man moet effektief 25 jaar agter tralies spandeer vir die moord op sy vriendin in Standerton twee jaar gelede. Phindile Mokoena was 50 jaar oud toe Jabulane Lephoto haar in Mei 2021 tydens ‘n hewige argument met ‘n ongespesifiseerde voorwerp aangerand het. Volgens die polisiewoorvoerder in Mpumalanga, Kolonel…
18 Oct 2023 8AM 1 min

DA sê Platorand Spesiale Skool het nie meer kos vir leerlinge nie

Die DA in Mpumalanga sê leerlinge met gestremdhede se menseregte word voortdurend geskend in die provinsie. Dít nadat leerlinge aan Platorand Spesiale Skool in Belfast huis toe gestuur moes word nadat hul kosvoorraad opgeraak het. Jane Sithole van die DA skryf dit toe aan die Departement van Onderwys se versuim…
18 Oct 2023 8AM 1 min

Lily Myn: Krediteure moet stem oor sakereddingsplan

ActionSA in Mpumalanga het die Konstitusionele Hof se weiering verwelkom om Vantage Goldfields toestemming te gee om te appelleer teen ‘n beslissing waarvolgens krediteure van Lily Myn oor die sakereddingsplan moet stem. Thoko Mashiane, die provinsiale voorsitter van ActionSA, hoop dit sal toelaat dat bedrywighede by die myn in Low’s…
18 Oct 2023 6AM 1 min

Gekaapte vragmotor met vrag teruggevind in Tonga

Die polisie kon gisteroggend 'n vragmotor met sy vrag van sowat 2-miljoen-Rand terugvind in Tonga ure na dit buite Mbombela gekaap is. Volgens die polisie is dit om ongeveer 10-uur die oggend deur twee gewapende mans gekaap. Die slagoffers kon dit aanmeld, en dit is deur Tonga-polisie afgetrek. Die verdagtes…
17 Oct 2023 8AM 1 min

Pasgeborene by pittoilet by kerk gered

Die polisie soek na die ma van ‘n baba wat Sondagoggend haar pasgeborene by ‘n pittoilet by ‘n kerk in Calcutta naby Bosbokrand agtergelaat het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was die seuntjie se naelstring nog aan hom vas. Hy is deur lede van die publiek gehoor…
17 Oct 2023 8AM 1 min

Onderwysdepartement bid vir Mpumalanga matrikulante

Die Departement van Onderwys in Mpumalanga het vanoggend 'n gebedsuur gehou voor die matriekeindeksamen op 30 Oktober begin. Volgens die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het die diens in Badplaas verskillende geloofsorganisasies ingesluit. Hy sê hulle wens alle kandidate kalmte toe en hoop dat die eksamen sonder voorval sal verloop…
17 Oct 2023 8AM 1 min

Vier vas na kaping in Hazyview

Vier verdagtes is Saterdagoggend in Graskop aangekeer in besit van ‘n gekaapte voertuig en ongelisensieërde vuurwapen. Hulle gearresteer toe die polisie op ‘n wenk oor ‘n verdagte Ford Figo gereageer het. Die voertuig is Vrydag in Hazyview gekaap. Die slagoffer is glo aangerand en teen ‘n boom vasgebind. Die vuurwapen…
17 Oct 2023 2AM 1 min
460 – 480