
Onderwysdepartement bid vir Mpumalanga matrikulante
Loading player...
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga het vanoggend 'n gebedsuur gehou voor die matriekeindeksamen op 30 Oktober begin. Volgens die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het die diens in Badplaas verskillende geloofsorganisasies ingesluit. Hy sê hulle wens alle kandidate kalmte toe en hoop dat die eksamen sonder voorval sal verloop. Vanjaar sal 68-duisend-681 voltydse en 16-duisend-767 deeltydse matrikulante die eksamen in die provinsie aflê.