
Vier vas na kaping in Hazyview
Loading player...
Vier verdagtes is Saterdagoggend in Graskop aangekeer in besit van ‘n gekaapte voertuig en ongelisensieërde vuurwapen. Hulle gearresteer toe die polisie op ‘n wenk oor ‘n verdagte Ford Figo gereageer het. Die voertuig is Vrydag in Hazyview gekaap. Die slagoffer is glo aangerand en teen ‘n boom vasgebind. Die vuurwapen wat in die voertuig ontdek is se reeksnommers was afgevyl. ‘n Nagemaakte vuurwapen is ook by die vier verdagtes gekonfiskeer. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: