
DA sê Platorand Spesiale Skool het nie meer kos vir leerlinge nie
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê leerlinge met gestremdhede se menseregte word voortdurend geskend in die provinsie. Dít nadat leerlinge aan Platorand Spesiale Skool in Belfast huis toe gestuur moes word nadat hul kosvoorraad opgeraak het. Jane Sithole van die DA skryf dit toe aan die Departement van Onderwys se versuim om die verskaffer van kos aan die skool te betaal. Sy sê hulle het aan die LUR, Bonakele Majuba, sowel as die Mensregtekommissie geskryf om in te gryp.