Die Departement van Onderwys in Mpumalanga hou vanoggend 'n gebedsdag voor die matriekeindeksamen op 30 Oktober begin. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sal die diens in Badplaas verskillende geloofsorganisasies insluit. Hy sê hulle wens alle kandidate kalmte toe en hoop dat die eksamen sonder voorval sal verloop…
Henrike en Gideon de Wet het met Route '74 hul fondsinsamelingsdoelwit oorskrei. Hierdie pa en dogter van Mbombela het van 29 September tot 2 Oktober 2-duisend-647 kilometer deur ses provinsies met ‘n motorfiets gery vir bewusmaking oor kanker. Vir Henrike, 'n graad 10-leerling aan Hoërskool Nelspruit, was daar verskeie hoogtepunte…
Die NG Kerk Nelspruit-Suid beoog om 'n ondersteuningsnetwerk te skep vir vroue wat mishandel word. Dominee Gerrit Vosloo sê mishandeling sluit al sy vorme in. Om bewusmaking daaroor te skep, bied hulle Saterdag 'n spesiale vroueoggend aan.
‘n Amptenaar van Binnelandse Sake is gister 10 jaar gevangenisstraf opgelê in die Witrivier-landdroshof vir bedrog. Nhlanhla Mathebula het teen vergoeding vals paspoorte vir buitelanders geprosseseer deur Suid-Afrikaanse burgers se identiteitsdokumente te gebruik. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hy ‘n addisionele drie jaar tronkstraf opgelê…
Bloulig-rowers wat veral Mosambiekse karre teiken, is 'n kommerwekkende tendens wat onlangs sy kop uitgesteek het in die Laeveld. Frank Swanepoel van Hi-Tech Sekuriteit beskryf dit as iets wat moeilik is om hok te slaan.
'n Man is vanoggend om ongeveer 7-uur op pad werk toe by Sonpark-sentrum in Mbombela doodgeskiet. Sy aanvaller, 'n senior reaksie-offisier by 'n plaaslike sekerheidsmaatskappy, het hom glo geskiet. Hy het na die voorval iewers gaan parkeer en homself ook om die lewe gebring. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala,…
Club 21 beplan om in 2024 'n skool vir mense met downsindroom in Mbombela te open. Hulle et reeds vier skole landwyd. Skoolhoof, Amanda Fourie, sê dit is vir baba' so jonk as drie maande oud en almal ouer. Sy voeg by elkeen het spesiale talente en baie om hul…
Rommel in die Krugerwildtuin is ‘n redelik massiewe probleem. Dit is volgens Jenny Robertson van die SANParke Ereveldwagters. Twaalf kampe met verblyf, agt boskampe, 13 piekniekplekke, 15 konsessie lodges, 3 200 werknemers, restaurante en dagbesoekers dra almal by tot die hoeveelheid vullis wat verwyder moet word. Sy sê elkeen kan…
'n Man het in die hof in Nelspruit verskyn op aanklag van diefstal onder valse voorwendsels, nadat hy glo sy vriendin se pensioengeld gesteel het. Volgens die polisie in Mpumalanga het Christopher Masereka, wat ook bekend is as Moses Mawaza, sy 46-jarige vriendin oortuig om haar pos as onderwyser te…
Drie vermeende renosterstropers moes op die vlug slaan in Volksrust nadat die polisie hulle by 'n padblokkade probeer aftrek het. Die verdagtes het te voet gevlug en onder meer 'n renosterhoring in die voertuig agtergelaat. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, is die voertuig nie as gesteel aangemeld…
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het vandag op Internasionale Onderwysersdag, sy dank uitgespreek teenoor alle onderwysers. Hy het by die 2023 Nasionale Onderwyserstoekennings met die media gepraat. Hy sê onderwys is die Moeder van alle beroepe en moedig jongmense aan om dit as beroep te volg.
Die DA in Mpumalanga is besorg oor die dubbele krisis van elektrisiteit en riool wat inwoners van Thaba Chweu-munisipaliteit die hoof moet bied. Sonja Boshoff, ‘n DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, sê kragtoevoer wat na beurtkrag nie herstel word nie, sowel as aanhoudende rioolstortings in Lydenburg verg dringende…
Andre Schwartz bring later vandeesmaand sy gewilde vertoning "Any Dream Will Do – My Road with Webber" Nelspruit toe. Dit is ten bate van plaaslike diensorganisasies. Die organiseerder, Koos Schoonraad, sê enige nie-winsgewende organisasie kan deel wees van die “Champions for Change”-inisiatief.
'n Verdagte wat beskuldig word dat hulle dagga-olie by hul huis vervaardig het, verskyn vandag in die hof in Secunda. Die persoon is deur die Valke, met behulp van die Pretoria Forensiese Laboratorium, gearresteer. Volgens die Valke-woordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle inligting ontvang en dieselfde dag ‘n…
'n 34-jarige polisiekonstabel verbonde aan Openbare Orde Polisiëring in Hazyview, verskyn na verwagting vandag in die hof, na hy glo sy vrou met ‘n bierbottel doodgesteek het by ‘n kuierplek in Barberton. Die voorval het in die vroeë oggendure van Dinsdag plaasgevind. ‘n Vrou wat tussenbeide probeer tree het, is…
'n Man wat twee jaar gelede sy vriendin doodgeskiet het, is 'n lewenslange vonnis opgelê in die Hooggeregshof in Middelburg. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het Luthando Lungisa Zozo op 5 Oktoboer 2021 in Standerton vir Akhona Myolwa drie keer geskiet terwyl hulle in 'n motor gesit het…
Die Onderwysdepartement in Mpumalanga het vandag begin om ‘n weeklange Lenteskool aan te bied vir graad 12’s by skole wat tydens die eindeksamen verlede jaar ‘n slaagsyfer van minder as 70-persent behaal het. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê sowat 23-duisend leerlinge sal dit na verwagting bywoon met top-onderwysers wat die…
Drie plaaswerkers wat deur drie aanvallers, gewapen met pangas, ontvoer is, is Vrydag vrygelaat na hulle sedert verlede Sondagaand aangehou is. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, word daar vermoed dat die aanvallers van Mosambiek afkomstig is. Die twee vroue en ‘n man is werkers op ‘n plaas buite Komatipoort…
Die polisie soek na verdagtes wat Vrydagoggend ‘n bekende sakeman naby Hazyview doodgeskiet het. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, was die 35-jarige Adriano dos Santos vanaf Hoedspruit op pad na 'n vergadering in Nelspruit toe hy 'n oproep ontvang het en afgetrek het. Twee verdagtes het in Nissan NP…
‘n Bekende sakeman is vanoggend naby Hazyview doodgeskiet in wat vermoed word ‘n sluipmoord kon wees. Die 35-jarige Adriano dos Santos was voorheen die mede-eienaar van die Shell-vulstasie in Ferreirastraat in Mbombela. Hy het onlangs na Hoedspruit verhuis.
29 Sep 2023 9AM
1 min
480 – 500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.