
Toepassing wil wild in Kruger help beskerm
Loading player...
Diere word soms op die Krugerwildtuin se paaie raakgery, selfs al hou bestuurders by die spoedbeperking van 50 km/h. Die Endangered Wildlife Trust het egter ‘n toepassing geskep waarmee besoekers data kan help insamel om die probleem te help bekamp. Roland Mastnek van die SANParke Ereveldwagters sê “Brake for Wildlife” sal help om brandpunte te identifiseer en die probleem te kwantifiseer.