
Mannejag geloods na gewapende verdagtes onderwyseres in Mpumalanga vermoor
Loading player...
Die polisie soek drie gewapende verdagtes wat Maandagaand in Phola Park, Kwamhlanga, drie mense beroof het. 'n 58-jarige onderwyseres, Rose Mahlangu, is vermoor na sy afgekom het op verdagtes wat besig was om haar huis te plunder. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle haar in haar motor gedwing en met haar weggery. Haar lewelose liggaam is die volgende oggend met 'n skietwond langs die pad gevind. Nog ‘n onderwyseres is die aand in die been geskiet en gedwing om kontant van haar bankrekening oor te plaas. 'n 34-jarige man is van kontant beroof, maar ongedeerd gelaat.