
Sleutels van nuwe Jameyana Primary môre oorhandig
Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys, die Kantoor van die Premier en die provinsiale Departement van Openbare Werke oorhandig môre die sleutels van die nuut opgeknapte Jameyana Primary in Cottandale, Acornhoek, aan die skoolgemeenskap. ‘n Woordvoerder van die onderwysdepartement, Gerald Sambo, verduidelik dit is ‘n resultaat van werk om twee bestaande skole in ‘n eenheid saam te voeg. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sowel as die LUR’e van die betrokke verantwoordelike departemente sal die geleentheid bywoon.