
Mbombela-munisipaliteit aanvaar mosie oor geraassteuring
Loading player...
Mbombela het ‘n mosie aanvaar wat deur die DA ter tafel gelê is waarvolgens die munisipaliteit ordonansies oor geraasbesoedeling in Wyk 16 van die stad sal afdwing. Volgens DA-raadslid Kyle Oliver volg dit op twee jaar van samesprekings oor ongemagtigde studentebehuising in die area. Hy sê van die behuisingseenhede is as gastehuise by die plaaslike owerheid geregistreer. Oliver voeg by dat studente en studentebehuising welkom is, maar dat hulle die wette moet gehoorsaam.