
Onderwysdepartement ontken kostekorte by spesiale skool
Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement ontken ten sterkste beweringe deur die DA dat leerlinge aan Platorand Spesiale Skool in Belfast huis toe gestuur moes word nadat hul kosvoorraad opgeraak het. 'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die party het die ongegronde beweringe gemaak om politieke punte aan te teken, en skuld die skoolgemeenskap van Platorand 'n verskoning.