100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,797 Episodes
440 – 460

Nog klagtes teen drie wat glo met HOP-huise knoei

Addisionele klagtes is gevoeg teen drie mense wat aangekla word van bedrog met HOP-huise in Middelburg. Volgens die Valke het Annica van Staden na bewering ‘n man se huis sonder sy toestemming verkoop. Helga Kruger, ‘n eiendomsagent, het glo ‘n huis aan iemand verkoop en die kontant gehou sonder om…
7 Nov 2023 1AM 1 min

Tevredenheid met eindeksamen sover

Die Mpumalanga Departement van Onderwys sê hy is tevrede met die verloop van die matriek-eindeksamen tot dusver. Dit het verlede Maandag afgeskop en loop op 6 Desember ten einde. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, vra alle ouers en skoolgemeenskappe om aan te hou om ‘n gunstige omgewing te…
7 Nov 2023 1AM 1 min

Nog mense vermoor in groepsgeweld in die Laeveld

Drie mense is die afgelope twee dae in voorvalle van groepsgeweld in die Laeveld vermoor. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is ‘n 18-jarige gister in Hectorspruit gestenig terwyl twee mans Sondag lewend aan die brand gesteek is in Blok C naby Tonga.
7 Nov 2023 1AM 1 min

Matrikulante in Malekutu beroof tydens graad-12-eksamen-kamp

Rowers het gisteraand matrikulante van Ngazindlovu Sekondere Skool in Malekutu - wat tydens die graad-12-eksamen by die skool kamp - beroof. Volgens die Mpumalanga Departement van Onderwys is hulle van ondermeer tablette beroof. Woordvoerder, Gerald Sambo:
3 Nov 2023 9AM 1 min

Forensiese ondersoek na Schoemansdal-stadion geloods

# Die DA in Mpumalanga het 'n forensiese ondersoek na die konstruksie van die Schoemansdal-sportstadion in Nkomazi verwelkom. Volgens DA-lid Trudie Grove-Morgan volg dit op skriftelike vrae wat die party aan die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gerig het. Volgens die LUR ontken Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, wat verantwoordelik daarvoor was, enige…
3 Nov 2023 6AM 1 min

Vrou pleit skuldig vir moord op polisieman-vriend in Mbombela

'n Vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar polisiebeampte-kêrel in Augustus verlede jaar in sy bed in Pienaar doodgeskiet het, het vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit. Sersant Mandlenkosi Happy Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Die 28-jarige Zanele Mkhonto is…
3 Nov 2023 12AM 1 min

Vrou wat glo polisieman-vriend in Pienaar vermoor verskyn vandag weer in die hof

Die vermeende moordenaar van ‘n polisiebeampte verskyn vandag weer in die Hooggeregshof in Mbombela. Die 28-jarige Zanele Mkhonto word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Sersant Mandlenkosi Happy Thwala, in Augustus verlede jaar in Pienaar vermoor het. Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Mkhonto is…
2 Nov 2023 1AM 1 min

Polisie waarsku teen die dra van kontant hierdie feestyd

Die polisie in Mpumalanga het mense gewaarsku om dit te vermy om groot bedrae kontant aan hul persoon te hou hierdie komende feestyd. Die woordvoerder van die provinsiale polisie, Kolonel Donald Mdhluli, verwys na ‘n voorval verlede jaar toe ‘n verpleegster, Jabulile Mdhluli, in Masoyi buite Witrivier doodgeskiet is toe…
1 Nov 2023 1AM 1 min

Drie wat Inkomstediens glo bedrieg verskyn vandag in Nelspruit-hof

Drie mense en hul maatskappy verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof na hul arrestasie op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het Sibusiso Madonsela, Thembisile Madonsela en Sibusiso Lekhuleni namens “Shop Mor” vervalste belastingopgawes in die bedrag van 780-duisend-Rand by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien. Hulle is Maandag aangekeer en het…
1 Nov 2023 1AM 1 min

DA blameer ANC laksheid vir lisensiefooie wat in Mpumalanga verlore gaan

Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die LUR van gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, om op te tree teen amptenare wat verantwoordelik was vir ‘n verlies aan inkomste uit lisensiefooie tussen 2016 en 2019. Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, voer aan dat daar in dié tydperk nie ‘n 'n funksionele finansiële…
31 Oct 2023 9AM 1 min

Mgubho ondersteun hul leerlinge

Mgubho sekondere skool in Nkomazi maak spesiale planne om hul leerlinge te ondersteun. Nonhlanhla Moeng, die voorsitter van die beheerliggaam by die skool, verduidelik:
30 Oct 2023 8AM 1 min

Vlot eerste dag van eindeksamen

Die provinsiale onderwysdepartement het vandag die begin van die matriek eindeksamen b Mgubho sekondere skool in Nkomazi gemonitor. Volgens die departementshoof, Lucy Moyane, het alles vlot verloop.
30 Oct 2023 8AM 1 min

Man gevonnis vir bedrog met gekloonde bankkaarte

# 'n Man is in Low's Creek tot 3-duisend-Rand of 12 maande gevangenisstraf gevonnis vir bedrog. Volgens die Valke is Phinda Alex Ndlovu in Augustus tydens 'n stop-en-deursoek-operasie by die Nkomazi-tolhek gearresteer. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, se hy het 'n vragmotor van Eswatini bestuur en sy…
30 Oct 2023 3AM 1 min

Man gesoek na vrou verwurg is

Die polisie in Mpumalanga doen 'n beroep op lede van die publiek om na vore te kom met inligting oor 'n man wat hulle glo hulle kan help in die oplos van 'n moord in Wakkerstroom verlede naweek. Dit volg op die moord op die 29-jarige Thobile Mayisela na sy…
30 Oct 2023 1AM 1 min

N2 botsing eis vyf lewens

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het sy pleidooi herhaal vir motoriste om die padreels te gehoorsaam. Dit volg op 'n gru-ongeluk tussen 'n vragmotor en ligte afleweringsvoertuig Saterdagmiddag op die N2 in Mkhondo. Vyf mense is dood in die tromp-op-botsing. Die bestuurder van die bakkie en vier passasiers is…
30 Oct 2023 1AM 1 min

Mpumalanga mik vir slaagsyfer van 83-persent in matriek-eindeksamen wat vandag begin

# Die Mpumalanga Onderwysdepartement hy is gereed vir die matriek-eindeksamen wat vandag begin. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê sy departement is slaggereed om te verseker die eksamen verloop vlot. Volgens Majuba handhaaf Mpumalanga sedert 2019 voorval-vrye eksamens. Vanjaar sal 68-duisend-681 voltydse en 16-duisend-767 deeltydse matrikulante die eksamen aflê…
30 Oct 2023 1AM 1 min

Nuusberig: Groepsgeweld eis sewe lewens in 'n dag

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, betreur die dood van sewe mense Woensdag in die Laeveld in vier afsonderlike voorvalle wat na vermoede groepsgeweld was.
27 Oct 2023 8AM 1 min

Premier besoek Sibusisiwe Sekondêr voor matriekeksamen

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag die Sibusisiwe Sekondêre Skool in Matsulu as blyk van ondersteuning. Dit is in aanloop tot die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat Maandag begin. Altesaam 68-duisend-681 voltydse kandidate het geregistreer om vanjaar die matriek-eindeksamen in die provinsie af te lê. Die woordvoerder van die…
26 Oct 2023 5AM 1 min

Openbare toeskouergebiede vir Wêreldbeker-eindstryd aangekondig

Die Mpumalanga Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning het drie openbare besigtigingsgebiede toegewys vir Saterdagaand se Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks. Dit is in Schoemansdal, ermelo en Siyabuswa. Die geskiedkundige ontmoeting, die eerste sedert 1995, sal ook bepaal watter span eerste 'n vierde Wêreldbeker-titel wen. Sibusiso Nkosi…
26 Oct 2023 2AM 1 min

Buscor wen President se toekenning by KLCBT-toekennings

Die wenners van die gesogte jaarlikse Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT)-toekennings is Vrydagaand tydens ‘n spog-gala-geleentheid aangewys. Vanjaar is die gesogte President se Toekenning aan Buscor uitgeloof. Linda Grimbeek, operasionele bestuurder van die KLCBT, sê dié toekenning is vir 'n instansie waarsonder jy die Laeveld glad nie…
25 Oct 2023 7AM 1 min
440 – 460