
Reef 10's die naweek in Witrivier
Loading player...
Dit is die naweek die gewilde Reef 10's sportbyeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira. “Tens” sport behels 10-aan-’n kant-wedstryde en sluit rugby, hokkie, netbal en krieket in. Vanjaar is hardloop ook deel van Reef 10’s. Pieter Rademeyer sê deelnemers het ook amper verdubbel teenoor 2022. Hy skryf dit toe aan die familie-atmosfeer omdat daar kompeterende en sosiale afdelings is om aan deel te neem.