
Vermeende sakerower aangekeer tydens Operasie Shanela
Loading player...
‘n Vermeende sakerower is Donderdagmiddag in Mmametlhake aangekeer. Hy was na bewering deel van ‘n groep gewapende aanvallers wat ‘n winkeleienaar beroof en aangerand het. Hulle het op die vlug geslaan. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhlui, was polisiebeamptes daar naby besig met “Operasie Shanela” en het die voertuig opgespoor. Na ‘n jaagtog is een verdagte aangekeer, en van die gesteelde items is teruggevind. Die 35-jarige man sal vandag in die Mbibana-landdroshof verskyn. Sy medepligtiges kon egter vlug.