
Sleutels na nuwe spogskool aan skoolgemeenskap oorhandig
Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys, die Kantoor van die Premier en die provinsiale Departement van Openbare Werke het vanoggend die sleutels van die nuut opgeknapte Jameyana Primêre Skool in Cottandale, Acornhoek, aan die skoolgemeenskap oorhandig. Dit is die resultaat van werk om twee bestaande skole in ‘n eenheid saam te voeg. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê die nuwe geriewe is van top-gehalte.