
Pasgeborene by pittoilet by kerk gered
Loading player...
Die polisie soek na die ma van ‘n baba wat Sondagoggend haar pasgeborene by ‘n pittoilet by ‘n kerk in Calcutta naby Bosbokrand agtergelaat het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was die seuntjie se naelstring nog aan hom vas. Hy is deur lede van die publiek gehoor huil en gered. ‘n Saak van kinderverwaarlosing word ondersoek.