
Soektog na moordverdagte wat borgvoorwaardes in Middelburg verbreek
Loading player...
Die polisie in Middelburg het 'n mannejag geloods na 'n sekerheidswag wat van moord aangekla word. Volgens die polisie in Mpumalanga het Nqubeko Mchunu reeds verskeie kere in die hof verskyn vir die moord in Augustus verlede jaar op Tsepo Maseko. 'n Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê Maseko is tydens 'n protes in Steve Tshwete-munisipaliteit doodgeskiet. Mchunu is borgtog toegestaan, maar het sedert Maart vanjaar nie weer hofverrigtinge bygewoon nie.