
25 jaar vir man wat sy vriendin vermoor
Loading player...
‘n 42-jarige man moet effektief 25 jaar agter tralies spandeer vir die moord op sy vriendin in Standerton twee jaar gelede. Phindile Mokoena was 50 jaar oud toe Jabulane Lephoto haar in Mei 2021 tydens ‘n hewige argument met ‘n ongespesifiseerde voorwerp aangerand het. Volgens die polisiewoorvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het Lephoto aanvanklik gevlug en is hy eers in Januarie vanjaar aangekeer. Hy is gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Delmas gevonnis.