
Gekaapte vragmotor met vrag teruggevind in Tonga
Loading player...
Die polisie kon gisteroggend 'n vragmotor met sy vrag van sowat 2-miljoen-Rand terugvind in Tonga ure na dit buite Mbombela gekaap is. Volgens die polisie is dit om ongeveer 10-uur die oggend deur twee gewapende mans gekaap. Die slagoffers kon dit aanmeld, en dit is deur Tonga-polisie afgetrek. Die verdagtes kon egter daarin slaag om te vlug.