Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het die hoofrede by die Cirrus-beleggerskonferensie gelewer. Hy het in sy toespraak gekyk na die stand van die Namibiese ekonomie en die huidige wêreldwye handelsspanning, wat die land se ekonomiese vooruitsigte sal beïnvloed. Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende direkteur van…
Alles is gereed vir die MK-party se landwye viering van sy stigter, oudpresident Jacob Zuma, se 83ste verjaarsdag Saterdag. Die party het politieke byeenkomste en programme in al die provinsies gereël ter ere van sy bydrae tot Suid-Afrika se vryheidstryd. MK se woordvoerder, Nomahlubi Radebe, sê Zuma gaan in KwaZulu-Natal…
Amptenare wat met die ineenstorting van die George-gebou verbind word, is deur die Nasionale Huisbouersreguleringsraad geskors. Dit volg op 'n forensiese verslag oor die voorval. Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane het verdere ondersoeke, insluitend deur die polisie, verwelkom en gevra vir aanspreeklikheid. Sy het gesê daar moet gevolge…
Koning Charles en koningin Camilla sluit vandag hulle vierdag besoek aan Italië af. Die koning het die land se parlement toegespreek en melding gemaak van die noue bande wat Engeland en Italië deel, ook tydens die twee wêreldoorloë.
Cope waarsku dat die regering van nasionale eenheid, wat na Mei 2024 se verkiesing ontstaan het, 'n wettigheidskrisis ondervind wat Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie bedreig. Pakes Dikgetsi van COPE sê die regering, ondersteun deur 'n minderheid kiesers te midde van 'n gebrek aan belangstelling, stort in duie weens 'n magstryd…
Meer as 3 600 mense is in Mianmar dood na die 7,7 aardbewing op 28 Maart maar, die militêre regering hou steeds aan om aanvalle uit te voer teen rebelle in die land se langdurige burgeroorlog. Hulporganisasies het groot uitdagings om noodsaaklike kos, water en skuiling te versprei as gevolg…
Inwoners langs die Hakahana na Havana-pad en Peter Nanyemba, oftewel Monte Christo-straat in Windhoek, maak alarm oor oop rioolslote wat 'n ernstige openbare veiligheidsgevaar inhou. Die slote lê oop weens langdurige en onvolledige padkonstruksie. Tot op hede is ten minste vyf gevalle van voertuie wat in die slote geval het…
AfriForum het 'n dringende versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gerig om plaasaanvalle as voorkeurmisdaad te klassifiseer ingevolge die Wet op die Polisie. Die organisasie voer aan plaasaanvalle is uiters georganiseerd en gewelddadig en het 'n uitwerking op nasionale bestendigheid, wat ondersoeke deur die Valke vereis. Jacques Broodryk van…
President Donald Trump het al die wederkerige tariewe wat hy ingestel, het vir 90 dae op ys gesit, behalwe vir China. Gedurende die tydperk sal daar 'n algemene tarief van 10 persent geld, terwyl heffings vir Beijing tot 125 persent styg. Trump sê billike ooreenkomste sal met China en elke…
Amerikaanse president Donald Trump tariewe chaos oorheers die nuustoneel regoor die wêreld. Sy 90-dag opheffing van tariewe teen lande wat geen wederkerige tariewe op die VSA ingestel het nie bring effe verligting, maar die bedreiging is nie verby nie. In Suid-Afrika is Agoa uiters kwesbaar. Dr. Theo de Jager, voorsitter…
Die herrie is los in Suid-Afrika. The GOOD Party sê parlementslede van die DA en die Patriotic Alliance het, volgens hulle, in die geheim na Israel gereis het sonder om die parlement of die regering daarvan in kennis te stel. Die party voer aan dat die afvaardiging, wat blykbaar Nicholas…
Die geval van 51 bees wat naby Outjo gesteel en sommige wreed geslag is, maak steeds opslae. Dit egter nie die eerste keer dat 'n groot aantal bees in die omgewing gesteel is nie. Vier verdagtes het reeds in die hof verskyn. ‘n Vergadering van NamPol met die boereverenigings in…
Die regering het fondse herlei, insluitend van ministeries se S&T-begrotings wat dikwels gekritiseer word weens misbruik, om internskappe te ondersteun en jeugwerkloosheid aan te pak. Ministeries moet 15 interns aanstel wat 2 500 Namibiese dollar per maand sal verdien vir ses maande, asook 25 gegradueerde interns teen 3 500 dollar…
Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het die regering aangemoedig om die kwessie van Amerikaanse tariewe dringend aan te spreek al is dit vir 90 dae herroep. Diamante, vis en boustene is die land se mees-geraakte uitvoere na die VSA, en beleggers behoort hiervan kennis te neem. Kosmos 94.1 Nuus het…
Groot aandele-indekse het skerp gestyg na Amerikaanse president Donald Trump 'n 90-dae-pouse op baie van sy nuwe tariewe gemagtig het, selfs nadat hy dit na 125 persent op China verhoog het. Tariewe op invoere van Kanada en Mexiko bly ook onveranderd. Ontleders sê die styging is nie verbasend nie, want…
Namibië se handelsektor het in Februarie herstel met die tekort wat van 2,7 miljard Namibiese dollar tot 2 miljard dollar gekrimp het. Simonis Storm se Almandro Jansen sê daar is goeie vordering in veral infrastruktuur maar, daar is uitdagings. Nuwe markte moet dringend ondersoek word en indien dit reg hanteer…
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die voortgesette onreëlmatige uitgawes by die Openbare Beleggingskorporasie, soos uitgelig in 'n onlangse ondersoek deur die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Claude Naiker van die vakbond sê die OBK het oor die afgelope vyf jaar meer as 467,7-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan…
Die DA het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se bevestiging verwelkom dat 'n skeduleringsfout die afgelope naweek daartoe gelei het dat die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2 nie uitgesaai is nie. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê hulle sal voortgaan om die uitsending van die bulletin oor die…
Rugby: Zintle Mpupha van die Springbok-sewes-vrouespan sê hulle is vasberade om hul momentum van die eerste twee toernooie van die Wêreld-sewes se Uitdaagreeks te behou. Suid-Afrika, wat tweede op die punteleer is, is in Pole vir die derde en laaste toernooi in die kompetisie. Die top-vier spanne staan ʼn kans…
Die Omaheke-streek het 'n beleggingskomitee van stapel gestuur om landbou, toerisme, vervoer en logistiek 'n hupstoot te gee. By die eerste vergadering in Gobabis het streekraadsvoorsitter Ignatius #Kariseb gesê die komitee beoog om lewensvatbare projekte te identifiseer, beleggingshindernisse aan te pak en streeksgroei aan te dryf.
9 Apr 10AM
1 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.