
Stad Whk onder skoot vir onvoltooide rioolwerk
Loading player...
Inwoners langs die Hakahana na Havana-pad en Peter Nanyemba, oftewel Monte Christo-straat in Windhoek, maak alarm oor oop rioolslote wat 'n ernstige openbare veiligheidsgevaar inhou. Die slote lê oop weens langdurige en onvolledige padkonstruksie. Tot op hede is ten minste vyf gevalle van voertuie wat in die slote geval het aangemeld. Dit hou ook gevare in vir kinders wat daarin speel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sem David van die Affirmative Repositioning-beweging, wat die area besoek het.