
Omaheke mik na groei met beleggingskomitee
Loading player...
Die Omaheke-streek het 'n beleggingskomitee van stapel gestuur om landbou, toerisme, vervoer en logistiek 'n hupstoot te gee. By die eerste vergadering in Gobabis het streekraadsvoorsitter Ignatius #Kariseb gesê die komitee beoog om lewensvatbare projekte te identifiseer, beleggingshindernisse aan te pak en streeksgroei aan te dryf.