
VN bepleit bystand, demokrasie vir Mianmar na aardbewing
Loading player...
Meer as 3 600 mense is in Mianmar dood na die 7,7 aardbewing op 28 Maart maar, die militêre regering hou steeds aan om aanvalle uit te voer teen rebelle in die land se langdurige burgeroorlog. Hulporganisasies het groot uitdagings om noodsaaklike kos, water en skuiling te versprei as gevolg hiervan. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê stappe moet geneem word vir die terugkeer van demokrasie in die land.