Plaasmoorde moet as voorkeurmisdaad geklassifiseer word

Loading player...
AfriForum het 'n dringende versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gerig om plaasaanvalle as voorkeurmisdaad te klassifiseer ingevolge die Wet op die Polisie. Die organisasie voer aan plaasaanvalle is uiters georganiseerd en gewelddadig en het 'n uitwerking op nasionale bestendigheid, wat ondersoeke deur die Valke vereis. Jacques Broodryk van AfriForum vra 'n toegewyde taakspan om landelike misdaad aan te pak en kwesbare boerderygemeenskappe te beskerm:
10 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

G20-beraad: EFF vies oor Trump se reaksie

Die EFF sê hy neem kennis van ʼn plasing op sosiale media waarin president Donald Trump van Amerika sê hy het sy bedenkinge oor die bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika. ʼn Woordvoerder, Sinawo Thambo, sê Trump voer grondgrype en volksmoord as rede aan en het ʼn video geplaas van…
13 Apr 12AM 1 min

Otjimbingwe kommunale boere kry knopvelsiekte-instruksies

Die beweging van vee in en uit die Otjimbingwe kommunale gebied word beperk na 'n knopvelsiekte-geval op 2 April bevestig is. Volgens dieregesondheidsregulasies is die gebied onder kwarantyn en alle beeste moet ingeënt word. Verdagte gevalle moet aangemeld word, aangesien knopvelsiekte 'n aanmeldbare siekte is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
12 Apr 6AM 1 min

AU Jeugspele strook met regering se ondersteuning van sport: Balotti

Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.
12 Apr 6AM 1 min

Samesmelting van Pep, Big Daddy, OK furniture 'voordelig vir almal'

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n openbare konferensie oor die voorgestelde samesmelting van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture aangebied. Rolspelers en belanghebbendes kon voorleggings oor die voorgestelde samesmelting maak. Die ondernemings se senior advokaat, Jerome Wilson, het die konferensie toegespreek oor die voordele van 'n…
12 Apr 5AM 1 min

Ngurare lê klem op geen korrupsie, nepotisme in ministeries

Eerste minister Elijah Ngurare het uitvoerende direkteure aangespoor om onnodige burokrasie uit te skakel en praktiese, proaktiewe bestuur te prioritiseer. Tydens sy eerste vergadering met direkteure het hy beklemtoon dat Namibiërs billike en gehaltediens eis, nie gunste nie. Hy het nepotisme, korrupsie en begunstiging in werwings- en verkrygingsprosesse veroordeel en…
12 Apr 4AM 1 min