Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
1 – 20

Tiener-selfdood styg kommerwekkend

Die gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sê hy is diep bekommerd omdat tienerselfdood elke jaar meer voorkom in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep het berig ongeveer nege-persent van alle tienersterftes is weens selfdood. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê selfdood is die derde hoogste onnatuurlike jeug-sterftesyfer tussen…
21 Feb 11AM 1 min

Trump bevestig nie G20-bywoning, sê SA gevaarlike plek

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika in November bly onseker te midde van groeiende diplomatieke spanning. Amerika het ook befondsing aan Suid-Afrika gestaak. Die land se minister van Finansies, Scott Bessent, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gaan nie G20-vergaderings bywoon nie, maar…
21 Feb 11AM 1 min

Peet van Staden wil hom na Musk wend oor internet-toegang

Die Suide-boer Peet van Staden, wat hom beywer vir beter internet-toegang in landelike gebiede, wil hom nou na Starlink-eienaar Elon Musk wend. Van Staden het in 'n ope brief aan inligtingminister Emma Theofelus gepleit dat Starlink toegang tot Namibië kry. Hy het ook 'n aanlynpetisie daaroor begin. Kosmos 94.1 Nuus…
21 Feb 10AM 1 min

Zanzou-verdagte in Yeoville gearresteer

'n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die Zanzou-nagklub-aanrandingsaak. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is in Yeoville aangekeer nadat die Johannesburgse Metropolisie opgemerk het hy lyk na een van die uitsmyters by die klub in Hatfield, Pretoria, wat hulle op videos op sosiale media gesien het. Agt…
21 Feb 10AM 1 min

Krieket Namibië, FNB merk belangrike mylpaal

Krieket Namibië se eerste korporatiewe ontbyt van die jaar was 'n groot mylpaal, wat borge en belanghebbendes bymekaar gebring het by wat binnekort die amptelike tuiste van Namibiese krieket sal wees. Gaste is begelei deur die voortgesette konstruksie van die FNB Namibië Krieketgronde, wat amptelik op 11 Oktober geopen sal…
21 Feb 10AM 1 min

Al Namibië se moedertale is kosbaar

Namibië het meer as 20 erkende tale, waarvan ongeveer 17 verskillende tale in die Noorde alleen gepraat word. Terwyl ons Moedertaaldag vier, word 'n mens herinner aan die uiteenlopende kulture in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Afrikaanse dosent Petronella Genis gepraat, wat spesialiseer in die onderrig van beginner…
21 Feb 10AM 1 min

Ons kan van volharding leer by Nujoma: Angula

Stigterspresident Sam Nujoma se oorblyfsels het Etunda verlaat en is op pad na Eenhana, waar 'n streeksgedenkdiens by die Eenhana-sportstadion gehou sal word. Voormalige president Hifikepunye Pohamba sal 'n huldeblyk lewer, terwyl premier Saara Kuugongelwa-Amadhila die hoof-rouklaer se boodskap sal aanbied. Dit is die tweede dag van die herdenkingstoer deur…
21 Feb 9AM 1 min

Nee wat, geen pad terug na glorie vir PDM: kenner

Die PDM, gelei deur McHenry Venaani, het 'n beduidende verlies van 11 setels in die 2024 verkiesings gely, asook sy status as amptelike opposisie. Die IPC is die nuwe amptelike opposisie en betwis aspekte van die Nasionale Vergadering- en presidentsverkiesings in die hof. Daar word bespiegel of die uitslag van…
21 Feb 9AM 1 min

Hollywood-veiling wil LA-brandslagoffers help

'n Baanbrekende veiling van ikoniese verhoog- en skerm-voorkomste in Hollywood, Give A Frock LA, aanvaar aanlyn aanbiedings tot Dinsdag. Dit staan onder leiding van die bekende stilis, Lindsey Hartman, en is daarop gemik om fondse in te samel vir diegene wat deur die veldbrande in Los Angeles geraak is. Bekendes…
21 Feb 8AM 1 min

Skoolbefondsing-hersiening 'op menseregte gebaseer'

Die skoolbefondsingstelsel word her-evalueer deur die onderwysministerie om verskille in finansiële hulpbronne-toekenning tussen landelike en stedelike skole aan te spreek. Ten spyte daarvan dat onderwys konstant 20 persent van die nasionale begroting kry, duur beduidende ongelykhede tussen skole voort. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die onderwysministerie se uitvoerende direkteur,…
21 Feb 8AM 1 min

Binnelandse sake benadruk gemak van nuwe visas

Die land se nuwe visum-by-aankomsproses sal op 3 Maart begin, volgens die binnelandse sake-ministerie. Dit is daarop gemik om toeganklikheid vir toeriste te verbeter, maar kritici sê dit kan besoekers afskrik. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo, benadruk die gemak van die proses.
21 Feb 7AM 1 min

Nog 'n haatspraak-herrie in SA

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek uitlatings wat Nhlamulo “Nota” Baloyi in 'n aanlyn uitsending, The Hustlers Corner SA gemaak het nadat daar klagtes was oor Baloyi se mening oor wit mense. Die kommissie se woordvoerder, Wisani Baloyi, sê die SAMRK in Gauteng waarsku vryheid van uitdrukking is nie sonder beperkings nie…
21 Feb 7AM 1 min

Parlement verdaag weer, vir rouperiode, werk staan stil

Die Nasionale Vergadering, wat op 5 Februarie begin sit het, het Woensdag verdaag tot 4 Maart weens die nasionale routydperk asook die staatsbegrafnis van stigterspresident Sam Nujoma. Daar is egter nog heelwat uitstaande werk wat afgehandel moet word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die NV se senior…
21 Feb 5AM 1 min

DA het groot kommer oor tienerswangerskappe

Die DA sê die toename in swangerskappe onder leerders, insluitend een-duisend-424 gevalle onder meisies tussen tien en 14 jaar, onthul 'n statutêre verkragtingskrisis wat dringende optrede vereis. Volgens die Departement van Onderwys het meer as 67 000 meisies tussen 15 en 19 jaar ook in die eerste drie kwartale van…
21 Feb 5AM 1 min

Moerdertaal vandag gevier

Dit is vandag Moedertaaldag en Kosmos 94.1 Nuus gesels met Netwerk Namibië vir Afrikaans wat Afrikaans in Namibië bevorder. Welbekende Elizma Theron oorhandig die leisels as bestuurder van Netwerk oor aan Chrisna O'Kennedy. Theron het vir oulaas met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid van Moedertaaldag in Namibië.
21 Feb 5AM 1 min

Kenner sê oor herlewing van Air Namibia soos NNN beloof

Reaksie word ontvang op planne deur die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat Air Namibia weer op die been wil bring. Die maatskappy se likwidasie, in 2021 aangekondig, is nog nie afgehandel nie. Daar is natuurlik reuse-uitdagings. Die ligging van die land teenoor belangrike bestemmings het ‘n groot impak op die…
21 Feb 5AM 1 min

Mega-boer van Botswana gesels oor reën

Swaar reën oor groot dele van Botswana het oorstromings veroorsaak maar, boere juig na twee jaar se droogte. Een mega-boer in die land, Hugo Lemcke wat saam met sy pa Rudi ses stoetplase met 1 000 Brahman bees, 700 Simmentalers, 350 Simbra, 300 Droughtmaster, 100 Charlais en 80 Braunvieh, bestuur,…
21 Feb 5AM 1 min

Verligting in energiekrisis help SA se groei

Mancosa sê ná baie jare van stadige ekonomiese groei is daar nou groeiende optimisme dat die Suid-Afrikaanse ekonomie met 1,7-persent sal groei namate die regering strukturele uitdagings aanpak. 'n Akademikus, Stephan van der Westhuizen, sê die energiekrisis wat as gevolg van beurtkrag daagliks ontwrigting veroorsaak het, is nou aansienlik verbeter…
21 Feb 4AM 1 min
1 – 20