
Boksewes-vroue vol vertroue voor laaste deel van Uitdaagreeks
Loading player...
Rugby: Zintle Mpupha van die Springbok-sewes-vrouespan sê hulle is vasberade om hul momentum van die eerste twee toernooie van die Wêreld-sewes se Uitdaagreeks te behou. Suid-Afrika, wat tweede op die punteleer is, is in Pole vir die derde en laaste toernooi in die kompetisie. Die top-vier spanne staan ʼn kans om vir die laaste sewes-toernooi van die seisoen te kwalifiseer wat vroeg volgende maand in Los Angeles plaasvind. Mpupha sê hulle is vol vertroue.