
Geen Afrikaanse nuus op SABC2 was skeduleringsfout
Loading player...
Die DA het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se bevestiging verwelkom dat 'n skeduleringsfout die afgelope naweek daartoe gelei het dat die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2 nie uitgesaai is nie. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê hulle sal voortgaan om die uitsending van die bulletin oor die naweek te monitor om te verseker sulke foute gebeur nie weer nie.