
GOOD soek antwoorde oor DA, PA se 'geheime' besoek aan Israel
Loading player...
Die herrie is los in Suid-Afrika. The GOOD Party sê parlementslede van die DA en die Patriotic Alliance het, volgens hulle, in die geheim na Israel gereis het sonder om die parlement of die regering daarvan in kennis te stel. Die party voer aan dat die afvaardiging, wat blykbaar Nicholas Myburgh en Bridget Masango van die DA, en Ashley Sauls van die PA ingesluit het, nie bekend gemaak het wie vir die rit betaal het, wie hulle ontmoet het, of wat hulle doel was nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, beskuldig die parlementslede dat hulle partybelange hoër ag as die publiek se welvaart in 'n tyd van wêreldspanning: