Vier beskuldigdes het gster in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Middelburg verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery. Daar word beweer dat Nontuthubo Surprise Mahweliri, ‘n onderhoudsbestuurder by Eskom se Hendrina-kragstasie, aan Eskom wanvoorgee het dat sy nié met die entiteit sake doen nie, terwyl sy 'n aandeelhouer was van…
Die Valke in Mpumalanga waarsku teen 'n toename in ontvoerings. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê slagoffers se families of werkgewers word gewoonlik gekontak om die losprys te betaal. Sy vra dat mense die owerhede kontak wanneer hulle eise vir lospryse vir hul naastes ontvang.
Drie verdagtes, tussen 20 en 38 jaar oud, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die moord op dr. Nicholas Procter. Die 40-jarige narkotiseur is Donderdagmiddag dood gevind in ‘n huis in Green Valley Estate in Mbombela na hy die oggend as vermis aangemeld is. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli,…
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vergader vandag saam met die adjunkminister van Basiese Onderwys, Doktor Reginah Mhaule, met alle skoolhoofde in Bohlabela-distrik. ‘n Woordvoerder van die Departement, Jasper Zwane, sê die distrik het ‘n matriekslaagsyfer van sowat 10 persentasiepunte minder as in 2022 behaal. Die doel van…
‘n 27-jarige Zimbabwiese burger bly in aanhouding na sy verskyning gister in die Barberton-landdroshof op aanklagte van die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie. Thaimo Ndlovu is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer. Verskeie ploftoestelle en -toebehore is by sy huis gevind. Volgens die…
Die DA in Thaba Chweu sê hulle kon daarin slaag om te verhoed dat die ANC-meerderheid in die stadsraad 500-miljoen-Rand in ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes afskryf. Volgens die DA-raadslid, Comfort Sibiya, is die raad Woensdag tydens ‘n spesiale raadsvergadering aangeraai om die uitgawes wat sedert 2021 oor twee…
Vier verdagtes verskyn vandag in die hof in Wakkerstroom vir sakeroof en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle is Vrydag gearresteer na ‘n poskantoor in Wakkerstroom beroof is. Drie gewapende mans het glo tydens die betalings van maatskaplike toelaes toegeslaan en werknemers forseer om die kontnantkluis oop te maak. Hulle…
‘n 35-jarige Zimbabwiese burger verskyn vandag in die Barberton-landdroshof vir die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer. Verskeie ploftoestelle en -toebehore is by sy huis gevind. Volgens die Valke is dit vanuit Zimbabwe ingevoer om aan…
‘n 28-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy beserings opgedoen het terwyl hy Saterdagoggend in Kwamhlanga uit aanhouding probeer ontsnap het. Die man is aanvanklik vir huisbraak gearresteer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy ‘n polisiebeampte gestamp en oor ‘n muur gespring, maar…
‘n 25-jarige leerling tradisionele geneser het gisteroggend by Majembeni Trust naby Bosbokrand verdrink. Volgens die polisie het drie mans saam met ‘n vroulike tradisionele geneser rituele in die Reênboogrivier uitgevoer. Die een man het onder die water verdwyn. Sy liggaam is na sowat drie ure deur polisieduikers na die oppervlak…
Nog 'n gebou het gisteraand in Barberton afgebrand. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê vrywillige brandbestryders kon saam met sekuriteitsmaatskappye en 'n Barberton Mines-brandweerwa verhoed dat die brand na naburige ondernemings versprei. Mbombela-brandweerwaens het ’n uur later opgedaag, maar die gebou was reeds afgebrand. Volgens Minnaar het hy na die laaste…
# Die narkotiseur wat gisteroggend in Mbombela as vermis aangegee is, is gistermiddag dood gevind in 'n woonstel in die stad. Dokter Nicholas Procter is na vermoede vermoor. Hy is as vermis aangemeld toe hy nie vir werk opgedaag het nie. Sy voertuig is by die Elawini-brug opgespoor en die…
Die Valke vra die publiek om hulle te help om 'n verdagte op te spoor wat gesoek word in verband met beweerde bedrog en diefstal wat in Julie 2022 by 'n restaurant in die Krugerwildtuin plaasgevind het. Amos Tineyi Kampinya, 44 jaar oud, is 'n Zimbabwiese burger. Volgens die woordvoerder…
'n 52-jarige vrou is Maandag deur die Calcutta-landdroshof in aanhouding gehou na sy deur die Valke in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is koper- en aluminiumkabels wat glo aan Eskom behoort sowel as seil…
Die DA het die Mpumalanga LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gevra om finansiering te verseker vir munisipaliteite om brandbestrydingstoerusting aan te koop. Dit provinsie het tans slegs 39 funksionerende brandweerwaens vir 'n bevolking van meer as 4 miljoen. Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, sê dit is van kritieke belang dat…
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het 'n beroep gedoen op kalmte na groepsgeweld Maandag en Dinsdag by Phiva naby Kamhlushwa uitgebreek het. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het gemeenskapslede van Phiva huise en 'n kantoor van die sektormisdaadforum asook 'n patrollievoertuig afgebrand uit wraak vir die noodlottige…
Die polisie in Mpumalanga het ‘n verdagte aangekeer in verband met die moord Donderdagoggend op ‘n 27-jarige vroulike mynbestuurder in Carolina. Luidens berigte was Zanele Zwane op pad werk toe, toe sy in haar voertuig geskiet is. Sy was in die bestuurdersitplek van haar wit Toyota-bakkie wat geluier het met…
‘n Man in sy 60’s is Saterdagoggend in Ermelo dood toe die ligte vliegtuig waarin hy was langs die vliegveld in Ermelo neergestort het. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy die enigste insittende. Hy was onderweg vanaf Bethlehem in die Vrystaat toe hy probeer land het. Die burgerlugvaartowerheid het…
Drie mense, insluitende ‘n 34-jarige taxibaas, is Saterdagaand in Delmas doodgeskiet. Volgens die polisie in Mpumalanga sluit die slagoffers twee van die taxibaas se lyfwagte in. Die verbyry-skietery het in Botleng plaasgevind toe ‘n groep gewapende mans op die twee voertuie waarin die slagoffers gery het, losgebrand het. ‘n Vrou…
Die DA het die onderneming van die burgemeester in Govan Mbeki-munisipaliteit verwelkom om die party se oplossing vir die waterkrisis te implementeer. Hele gemeenskappe, skole en selfs Bethal-hospitaal sukkel al geruime tyd met watertoevoerprobleme. Die DA-raadslid, Teboho Sekaledi, sê hul voorstel is dat grondwater gebruik word en behoorlike infrastruktuur ontwikkel…
25 Jan 2024 3AM
1 min
340 – 360
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.