
Geregtelike doodsondersoek gelas na vliegtuig in Ermelo neerstort
Loading player...
‘n Man in sy 60’s is Saterdagoggend in Ermelo dood toe die ligte vliegtuig waarin hy was langs die vliegveld in Ermelo neergestort het. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy die enigste insittende. Hy was onderweg vanaf Bethlehem in die Vrystaat toe hy probeer land het. Die burgerlugvaartowerheid het hul ondersoek intussen na ‘n geregtelike doodsondersoek verander na dit aan die lig gekom het dat dit baie mistig was.