
Raad keer dat Thaba Chweu onreëlmatige uitgawes afskryf
Loading player...
Die DA in Thaba Chweu sê hulle kon daarin slaag om te verhoed dat die ANC-meerderheid in die stadsraad 500-miljoen-Rand in ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes afskryf. Volgens die DA-raadslid, Comfort Sibiya, is die raad Woensdag tydens ‘n spesiale raadsvergadering aangeraai om die uitgawes wat sedert 2021 oor twee finansiële jare opgehoop het, af te skryf. Hy sê dit is verwerp en die raad het aanbeveel dat die Munisipale Openbare Rekeninge Komitee dit ondersoek.