
Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na groepsgeweld in Phiva
Loading player...
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het 'n beroep gedoen op kalmte na groepsgeweld Maandag en Dinsdag by Phiva naby Kamhlushwa uitgebreek het. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het gemeenskapslede van Phiva huise en 'n kantoor van die sektormisdaadforum asook 'n patrollievoertuig afgebrand uit wraak vir die noodlottige aanranding van 'n vermeende dief. Openbare Orde Polisiëring is ontplooi. Die situasie is tans onder beheer.