
Man wat glo plofstof aan onwettige myners verskaf bly in aanhouding
Loading player...
‘n 27-jarige Zimbabwiese burger bly in aanhouding na sy verskyning gister in die Barberton-landdroshof op aanklagte van die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie. Thaimo Ndlovu is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer. Verskeie ploftoestelle en -toebehore is by sy huis gevind. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is dit vanuit Zimbabwe ingevoer om aan onwettige myners verkoop te word. Sy sê die ondersoek duur voort en nog arrestasies word verwag.