
Valke soek bestuurder wat restaurant in Krugerwildtuin glo besteel
Loading player...
Die Valke vra die publiek om hulle te help om 'n verdagte op te spoor wat gesoek word in verband met beweerde bedrog en diefstal wat in Julie 2022 by 'n restaurant in die Krugerwildtuin plaasgevind het. Amos Tineyi Kampinya, 44 jaar oud, is 'n Zimbabwiese burger. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga het hy by die Mugg & Bean as 'n bestuurder gewerk. Hy het na bewering maatskappyfondse ten bedrae van amper 900-duisend-Rand gesteel. Hy het daarna verdwyn.