
Man vas wat glo plofstof aan onwettige myners verskaf in Barberton
Loading player...
‘n 35-jarige Zimbabwiese burger verskyn vandag in die Barberton-landdroshof vir die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer. Verskeie ploftoestelle en -toebehore is by sy huis gevind. Volgens die Valke is dit vanuit Zimbabwe ingevoer om aan onwettige myners verkoop te word. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die ondersoek duur voort en nog arrestasies word verwag.