
Valke waarsku oor toename in ontvoerings in Mpumalanga
Loading player...
Die Valke in Mpumalanga waarsku teen 'n toename in ontvoerings. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê slagoffers se families of werkgewers word gewoonlik gekontak om die losprys te betaal. Sy vra dat mense die owerhede kontak wanneer hulle eise vir lospryse vir hul naastes ontvang.